Monstersaad

Monstersaad Renata Malan is n forensiese sielkundige die miljoen rerfgenaam van haar aangenome pa Leon Malan n eiendomsmagnaat en doktor in die sielkunde Renata se familiegeskiedenis is tragies Haar biologiese

  • Title: Monstersaad
  • Author: Madelein Rust
  • ISBN: 9780799375824
  • Page: 110
  • Format: Paperback
  • Monstersaad

    Renata Malan is n forensiese sielkundige, die miljoen rerfgenaam van haar aangenome pa, Leon Malan, n eiendomsmagnaat en doktor in die sielkunde Renata se familiegeskiedenis is tragies Haar biologiese pa is n veroordeelde reeksmoordenaar wat van die gereg ontsnap het haar ma en grootouers is onder tragiese omstandighede oorlede Renata bring meeste van haar kinderjarRenata Malan is n forensiese sielkundige, die miljoen rerfgenaam van haar aangenome pa, Leon Malan, n eiendomsmagnaat en doktor in die sielkunde Renata se familiegeskiedenis is tragies Haar biologiese pa is n veroordeelde reeksmoordenaar wat van die gereg ontsnap het haar ma en grootouers is onder tragiese omstandighede oorlede Renata bring meeste van haar kinderjare in n weeshuis deur totdat Leon Malan haar as tiener aanneem Renata is n vennoot in Malan en Coetsee Privaatondersoeke Hulle word genader om die dood van n sewentienjarige meisie, Melissa Verhoef, te ondersoek Terwyl Renata besig is met die saak, worstel sy met haar eie demone sy ly aan posttraumatiesestressindroom as gevolg van haar verlede Sy gaan sien n baie onkonvensionele psigiater en pynlike herinneringe uit haar kinderdae doem op Terselfdertyd vind sy uit dat haar pa nog leef en sy begin delf in die verlede om uit te vind waarom hy in die sewentigerjare nege mense vermoor het Is hy n sosiopaat, of is hy bloot n man wat die reg in eie hande geneem het om ander se lewe te red Die saak waaraan sy werk raak uiters gekompliseerd wanneer sy besef dat Melissa se moord ook waarskynlik verband hou met n reeks moorde wat tien jaar gelede begin het Sy veg teen n intense aangetrokkenheid tot een van die verdagtes en moet n paar aanslae op haar lewe trotseer Met die hulp van haar span ontdek sy wie die moordenaar is en slaag sy uiteindelik daarin om die spoke van die verlede ter ruste te l.

    • Free Read [Music Book] ¼ Monstersaad - by Madelein Rust ↠
      110 Madelein Rust
    • thumbnail Title: Free Read [Music Book] ¼ Monstersaad - by Madelein Rust ↠
      Posted by:Madelein Rust
      Published :2018-05-01T07:26:09+00:00

    One thought on “Monstersaad

    1. Margitte

      Wat 'n heerlike, heerlike leeservaring! Multidimensioneel, spannend, boeiend en vermaaklik. Die storielyn is vinnig, die plot uitstekend. Ek het lanklaas 'n Afrikaanse speurverhaal met soveel chutzpah gelees. Die voorbladteks verduidelik die verhaal goed genoeg, ek hoef dit nie te herhaal nie.Effense gril is die hoofkarakter self. Té perfek: beeldskoon, hoogsgeleerd, skatryk en heeltemal te goed om waar te wees. Die ander element was die oeroue uitbeelding van 'n mevrou-doktor-professor wie-ook [...]

    2. Madri

      Hoe lekker om 'n spanningsroman te lees wat jou lank na slaaptyd aan die lees hou! Dit vra baie van 'n boek wanneer 'n mens behoorlik moeg is - en Monstersaad het sigself baie goed van haar taak gekwyt.

    3. Anne-Marie

      Ek sou die boek 5 sterre gegee het as ek nie voor die tyd self kon uitwerk het wie die moordenaar was nie. Dit het die boek effens vir my bederf. Nogtans was dit 'n lekker lees.

    4. Lelani

      Monstersaad 'n lekkerleeservaring wat jou op die puntjie van jou stoel hou. Gebeure van die verlede en die hede word meesterlik saamgeweef. 'n Aanbeling vir enigeen wat 'n lekkerlees boek soek.

    5. Amanda

      Madelein Rust is ‘n naam wat ek met aandag sal volg in die misdaadromangenre. Monstersaad was my eerste kennismaking, en ek was enduit geboei deur die gemaklike en ongeforseerde skryfstyl, en die geloofwaardige karakters. Die verhaal ontplooi langs paralelle lyne. Aan die een kant ontvou ‘n interessante en komplekse intrige,wanneer Malan & Coetzee ingeroep word om die dood van ’n jong meisie te ondersoek. Was haar dood moord, of selfmoord? Aan die ander hand ontplooi die verhaal van di [...]

    6. Chrisna

      Wow wow wow!!! Ek het bitter lanklaas so lekker gelees aan 'n boek. Briljant geskryf en hou jou aan die raai tot op die einde. Geen onnodige inligting waarmee die skrywer jou verveel nie soos wat soms gebeur. Eerste maar nie my laaste Madelein Rust boek nie.

    7. Marisca Harris

      Het dit baie geniet! Ek was vasgenael. Ek het ook vooraf geweet wie die moordenaar was, en dit was 'n eerste vir my; dit het my so bietjie afgehaal laat voel. Maar die reis na die einde was 'n heerlike leeservaring, en ek sal nie nee sê vir nog 'n Madelein Rust-boek as ek een in die hande kry nie.

    Leave a Reply

    Your email address will not be published. Required fields are marked *